SARB se rentekoers vanmiddag verwag

Alle oë, hier en in Suid-Afrika, is op die Suid-Afrikaanse Reserwebank wat vanmiddag sy besluit oor die repokoers bekend maak. Op die oomblik is die koers op 8,25 persent, 50 basispunte hoër as die plaaslike koers. Sou die buurland se sentrale bank sy koers verhoog, sal Namibiërs moontlik in Oktober ook ‘n verhoging kry. Die Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart sê terwyl daar talle uitdagings is, glo hy die sentrale bank sal eers die koers onveranderd hou.