SARB hou vas, wat maak BoN?

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die repokoers vir ‘n derde agtereenvolgende keer onveranderd gehou op 8,25 persent. Die Bank van Namibië se monetêre beleidskomitee sal hul besluit oor rentekoerse op die 6de Desember bekend maak. Die huidige repokoers van 7,75 persent is die hoogste in die afgelope 14 jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Suid-Afrikaanse ekonoom Theo Klein, van Oxford Economics Africa, wat reageer het op die repokoers in die buurland en ‘n voorspelling gee vir Namibië.