SAPS word ondersoek na skietdood van verdagte

Dit is nie net plaaslik wat die polisie beskuldig word van hardhandige gedrag teenoor lede van die publiek nie. Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat in Suid-Afrika ondersoek ‘n man se dood ná polisie-optrede in KwaZulu-Natal. Die 34-jarige-man het na bewering Saterdag sy vriendin doodgesteek naby Durban. ‘n Woordvoerder van die direktoraat, Grace Langa, sê die polisie het die verdagte op die toneel aangetref, waarna hy noodlottig gewond is: