SAPS vernietig net meer as 46 000 vuurwapens

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het binne ses maande permanent ontslae geraak van 46 592 vuurwapens. Die wapens is in Vanderbijlpark, Gauteng vernietig. Dit was vuurwapens, ammunisie en onderdele van vuurwapens wat in misdaadvoorkoming gekonfiskeer, vrywillig ingedien of aan die staat oorhandig is. Polisie-woordvoerder, Athlenda Mathe, sê voor die vuurwapens vernietig is, is daar eers ballistiese toetse uitgevoer om vas te stel of hulle in enige misdaad gebruik is: