SAPS moet hervorm word – ISS

Die Instituut vir Sekerheidstudies in Suid-Afrika sê openbare druk en dié van die politieke opposisie is aan die opbou, maar polisie-hervorming gaan nie in die nabye toekoms gebeur nie. Johan Burger van instituut sê bekommernis oor prestasiebeoordeeling, aanspreeklikheid en die impak wat dit op loopbaanvooruitsigte het, plaas ook ‘n demper hierop. Burger sê president Cyril Ramaphosa moet sterk standpunt inneem om hervorming in die polisiediens ‘n hupstoot te gee. Hy voeg by dit sal ongetwyfeld ‘n moeilike en tydsame proses wees maar dit moet vroeër eerder as later gebeur.