SAPD vind 33 slagoffers van mensehandel

Drie-en-dertig vermeende slagoffers van mensehandel is gisteraand uit ʼn huis in Benoni, Gauteng, gered. KwaZulu-Natalse polisie was op die spoor van ʼn verdagte in ʼn ontvoeringsaak toe die 33 ontdek en gered is. Een verdagte is gearresteer. KwaZulu-Natal se polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê hulle ondersoek ʼn moontlike mensehandel-sindikaat: