Oorstromings: Dodetal in Tanzanië sal styg

Owerhede verwag dat die dodetal na erge oorstromings en modderstortings in die noorde van Tanzanië verder sal styg terwyl nog reën verwag word. Minstens 47 mense is reeds dood en 80 is beseer. Huise en infrastruktuur is beskadig, gewasse het weggespoel en talle paaie is deur modder, water, omgevalle bome en klippe versper. President Samia Suluhu Hassan het nasionale veiligheidsmagte ontplooi om met die reddingspogings te help. Oos-Afrika loop reeds weke lank deur onder stortreën en oorstromings wat deels deur die El Niño-weerpatroon veroorsaak word.