SAPD ondersoek hand wat in George-puin gevind is

Die Wes-Kaapse polisie het ‘n geregtelike ondersoek geopen ná ‘n hand die naweek tussen die puin van die ingetuimelde gebou in Victoriastraat in George ontdek is. Dit volg na ‘n twee weke lange reddingsoperasie by die bouperseel waar 62 mense gered en 33 sterftes bevestig is. Nege mense is steeds in die hospitaal. Die polisie sê die menslike oorblyfsels wat opgespoor is, is na die laboratorium vir forensiese ontleding gestuur om die oorsprong te bepaal en of dit aan ‘n slagoffer verbind kan word wat gered is.