SAPD lê beslag op onwettige vuurwapens, ammunisie

Die Suid-Afrikaanse polisiekommissaris Fannie Masemola sê verlede maand alleen is 1 173 onwettige vuurwapens en 7 738 rondes lewendige ammunisie landwyd in beslag geneem. Meer as 1 000 van die vuurwapens is net ‘n Gauteng afgeneem. Sommige van die vuurwapens, ammunisie en gevaarlike wapens is in padblokkades opgespoor, sowel as gesteelde voertuie en dwelms. Masemola sê dit bewys die vasberadenheid van die polisiebestuur om hulle pogings op te skerp en beslissend op te tree teen die toename in onwettige vuurwapen.