SAPD-konsepregulasies oop vir insette, kommentaar
Die Suid-Afrikaanse polisie se burgerlike sekretariaat het nuwe konsepregulasies vir openbare kommentaar gepubliseer met die doel om Suid-Afrika se kritieke infrastruktuur te beskerm. Die regulasies sal aan die minister van polisie, Bheki Cele, ‘n reeks nuwe funksies toeken om die beskerming van belangrike nasionale bates, onder meer Eskom, en spoorlyne, te verbeter. Die hoofsekretaris van die Onafhanklike Polisiërings-unie van Suid-Afrika, Mpho Kwinika, sê die doel is om die veiligheid van die bates noodsaaklik vir die land en sy mense se funksionering te verseker: