SAPD gereed vir Brics, wetstoepassing sal nie ontwrig word nie

Die Suid-Afrikaanse polisieministerie verseker die publiek die ontplooiing van veiligheidsmagte vir die 15de Brics-beraad in Sandton, Johannesburg, sal nie die gereelde wetstoepassingspogings ontwrig nie. Bykans 40 staatshoofde, ministers en hooggeplaastes sal na verwagting van vandag die driedaagse beraad bywoon. Die woordvoerder, Lirandzu Themba, sê polisielede sal hul pligte uitvoer, insluitend misdaadvoorkomingspogings soos operasie Shanela. Themba voeg by die ministerie se verbintenis is om veiligheid te verseker op die beraad en in plaaslike woonbuurte: