SAPD: Geen verband tussen taverne-skietvoorvalle in Gauteng en KZN

Die Suid-Afrikaanse polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê daar is geen verband tussen die taverne-skietvoorvalle in Gauteng en KwaZulu-Natal nie, maar dit is gemotiveer deur dwelms en afpersing. Masemola sê ook die polisie het taakspanne aangestel om onwettige mynbedrywighede in die Vrystaat, die Noord-Kaap, Noordwes, Limpopo en Mpumalanga te hanteer.