Alfonso is Vettel se plaasvervanger in Aston Martin-span

Motorsport: Die veteraan Spaanse renjaer Fernando Alonso is bevestig as die plaasvervanging vir Sebastian Vettel in Aston Martin se Formule Een-span volgende jaar. Die viermalige Duitse wêreldkampioen het verlede week sy uittrede aangekondig. Die 41-jarige Alonso jaag vanjaar vir Alpine en is op die oomblik in die tiende posisie. Hy sal die Kanadees-Belgiese jaer Lance Stroll se spanmaat by Aston Martin wees. Alonso, wat al twee keer die wêreldkampioenskap gewen het, het ‘n veel-jarige kontrak onderteken met die span wat behoort aan Stroll se pa, Lawrence.