Geingob sê Namibiese kinders moet beveilig en beskerm word

Namibiërs en die internasionale gemeenskap vier vandag Wêreld-kinderdag. Die dag word deur die VN se Kinderfonds, Unicef, herdenk onder die tema “Inclusion, for Every Child”. Dit het ten doel om kinders te bemagtig om ‘n beter toekoms en ‘n meer gelyke, inklusiewe wêreld te vra. President Hage Geingob sê in sy boodskap Namibië beskou die nakoming van kinderregte as ‘n gesamentlike plig. Hy sê dit is ‘n belegginging in die toekoms van die Namibiese nasie. Hy benadruk kinders is die toekomstige leiers van enige samelewing, en hul kinderjare en welstand moet beveilig en beskerm word.