SAOG se kragkrisis in die NV bespreek

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap staar ‘n enorme uitdaging in die gesig met die ontwikkeling en verskaffing van genoeg elektrisiteit aan sy inwoners in die streek en ook om selfonderhoudend te wees. Op die oomblik kyk die streek na maniere om die elektrisiteitskwessie op te los. Die adjunkminister van inligting, Emma Theofilus, het vandag in die Nasionale Vergadering gesê daar is ‘n behoefte om maniere te vind vir beter toegang tot elektrisiteit in die streek.