Doen Afrika-lande genoeg sake met mekaar?

Gedurende Mei 2022 was Namibië se top vyf uitvoer-vennote Botswana, Suid-Afrika, Zambië, Nederland en die Demokratiese Republiek van die Kongo, volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se handelsbulletin vir Mei. Hierdie top vyf markte was verantwoordelik vir 66,7 persent van Namibië se totale uitvoer, vergeleke met die 59,6 persent wat in April 2022 gesien is en 53,6 persent wat in Mei 2021 aangeteken is. Kosmos 94.1 Nuus het die uitvoerende voorsitter van die Ohlthaver en List-groep, Sven Thieme, gevra of Afrika-lande genoeg sake met mekaar doen en of daar ‘n behoefte aan verbetering is. Hy het só geantwoord: