Saoedi is bekommerd oor eskalering van konflik

Saoedi-Arabië se minister van buitelandse sake sê die koninkryk is baie bekommerd dat spanning in die Rooisee te midde van aanvalle deur Jemen se Houthi’s en Amerikaanse aanvalle op Houthi-teikens buite beheer kan raak en die konflik in die streek kan eskaleer. Prins Faisal bin Farhan sê dit is ‘n baie moeilike en gevaarlike tyd in die streek en die land doen ‘n beroep op de-eskalasie. Aanvalle deur die Iran-gebonde Houthi-milisie op skepe in en om die Rooisee vir die afgelope paar weke het handel tussen Asië en Europa vertraag en groot moondhede bekommerd gemaak oor ‘n eskalasie van die oorlog in Gaza.