Polisie steeds doodstil oor NEFF se 21 Maart optogaansoek

Die Namibia Economic Freedom Fighters, NEFF, het verlede jaar vir Nampol kennis gegee van ‘n beoogde betoging teen werkloosheid wat vir 21 Maart vanjaar geskeduleer is. Die party het in ‘n brief gesê dat 21 Maart gekies is aangesien dit ‘n simboliese en geskiedkundige dag is. Die party het nog geen terugvoering gekry of die protes mag plaasvind nie. Die arbeidsaktivis Michael Amushelelo het op sosiale media gesê hy sal die saak na die hoërhof neem indien die polisie nie reageer nie.