Saoedi-Arabiese vliegtuig in die spervuur by Khartoem-lughawe

’n Saoedi-Arabiese lugdiens-vliegtuig by Soedan se Khartoem-lughawe het Saterdag tydens aanvalle tussen die weermag en paramilitêre groepe in die spervuur, het die staatsbeheerde lugdiens gesê. Passasiers, bemanning en personeel moes van die lughawe na die Saoedi-ambassade in die hoofstad Khartoem verskuif word, en vlugte na en van Soedan is tot verdere kennisgewing opgeskort. Die sekretaris-generaal van die VN, António Guterres, het intussen ‘n dringende oproep gedoen om ‘n skietstaking in Soedan. Minstens 27 mense is reeds dood in die geweld tussen regeringsmagte en paramilitêre groepe.