Saoedi-Arabië het die getal Moslems vir hulle jaarlikse pelgrimstog beperk

Saoedi-Arabië het die getal Moslems vir hulle jaarlikse pelgrimstog bywoon tot 60-duisend verlaag weens die Covid-19 pandemie. Pelgrims moet tussen 18 en 65 jaar oud wees, geen chroniese siektes hê nie en ingeënt wees. Verlede jaar het Saoedi-Arabië vir die eerste keer in die onlangse verlede Moslems van oorsee verbied. Vanjaar se pelgrimstog begin na verwagting in die middel van Julie.