SANW sê hy kan 95 brûe per jaar bou

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê hy is gereed om die bou van brûe van 14 tot 95 brûe per jaar te verhoog as deel van die Welisizwe landelike brugprogram. Woordvoerder Andries Mahapa het gesê die Weermag se ingenieursgroep, in vennootskap met die departement van openbare werke en infrastruktuur, sien uit na die projek.

Mahapa sê die SANW het ingenieurs met die ervaring en kundigheid om die projekte suksesvol af te handel.