SANParke open besprekingskantoor in Soweto

SANParke het hul heel eerste besprekingskantoor in Soweto in die gewilde Vilakazi-straat geopen. Die hoof van kommunikasie by SANParke, Reynold Thakhuli sê SANParke wil hulself as dié plaaslike vakansiebestemming in Suid-Afrika vestig. Hy sê die huidige generasie van park-liefhebbers word al hoe ouer en hulle moet nuwe innoverende maniere vind om die jonger generasie opgewonde te maak oor Suid-Afrika se nasionale parke.