Sanksies teen Rusland as pyplyn wapen word – Merkel

Die Duitse kanselier, Angela Merkel, het onderneem om nog sanksies teen Rusland in te stel as dié land die omstrede gaspypleiding tussen hulle as wapen teen die Oekraïne gebruik. Die Nord Stream-2-gaspypleiding verbind Rusland met Duitsland. Dit volg op die voorwaardes wat die Russiese president, Vladimir Poetin, gestel het vir enige verlenging van ‘n ooreenkoms vir die lewering van gas aan die Oekraïne. Die president van die Oekraïne, Volodymyr Zelenskiy, het na die Nord Stream-2 verwys as ‘n gevaarlike geo-politieke wapen. Rusland verskaf reeds nagenoeg 40-persent van die Europese Unie se gasvoorraad. Amerika en talle EU-lidlande meen die gaspypleiding gee aan Rusland te veel mag.