Sanksies teen Gasprombank raak nie PetroSA nie

Die staatsbeheerde Petroleum-, Olie- en Gaskorporasie van Suid-Afrika, PetroSA, sê Amerika se sanksies teen Rusland se Gazprombank, geld nie in Suid-Afrika nie. PetroSA het GazpromBank Africa gekies as beleggingsvennoot om sy Mosselbaai-raffinadery weer op dreef te kry, teen ‘n gesamentlike belegging van 3,7 miljard Suid-Afrikaanse rand. Amerika het sanksies teen Gazprombank en sy filiale ingestel as deel van strafmaatreëls teen Rusland se oorlog in Oekraïne. PetroSA se uitvoerende hoof, Sandisiwe Ncemane, sê sedert die sanksies ingestel is, was daar verskeie aanpassings en vrystellings. Kritieke energieveiligheid is onder meer van sanksies vrygestel.