Sanger Manuel Escorcio in die hospitaal

Die bekende Suid-Afrikaanse sanger Manuel Escorcio is steeds ernstig siek in die hospitaal, het Shaun Mynhardt, stigter van die Suid-Afrikanse Legendes-museum bevestig. Groot kommer heers oor die gesondheid van dié 72-jarige sanger wat Maandag hospitaal toe gebring is en in die waakeenheid van die Netcare Pretoria-Oos-hospitaal lê. Mynhard het vandag by Escorcio in die hospitaal ingeloer en sê hy is ‘n vegter.  Mynhardt het gesê Escorcio het Saterdag ‘n konsert gehou, maar dit moes kortgeknip word omdat hy nie lekker gevoel het nie.