Sanef uiters boos oor hofbevel wat Moti-beriggewing verbied

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum het die Moti-groep se pogings veroordeel om te probeer verhoed dat ondersoekende joernaliste van AmaBhungane artikels publiseer wat sakeeienaar Zunaid Moti se vermeende korrupte transaksies blootlê. Die Moti-groep het ‘n dringende interdik in die Johannesburgse Hooggeregshof bekom, waarin geëis word dat duisende – soos dit gestel word – “uitgelekte” dokumente van AmaBhungane onmiddellik terugbesorg word. Sanef sê die hofbevel skend joernaliste se reg om oor sake van openbare belang verslag te doen.