Sandra Prinsloo gaan op Rehoboth kuier

Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans in die buurland is middel Junie op Rehoboth vir Storie-opnames deur hul voorsitter, die veteraan-aktrise, Sandra Prinsloo. Dit stigting is ‘n organisasie wat geletterdheid en bemagtiging in gemeenskappe bevorder deur verskeie projekte aan te bied. Met die nuwe reeks Storie-opnames fokus die stigting op die verskillende dialekte van Afrikaans. Die Afrikaans wat in Rehoboth gepraat word, is een episode. Die projek is die breinkind van Prinsloo en sy is ook die aanbieder van die hele reeks. Prinsloo het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.