Samwu vra ondersoek oor beweerde korrupsie by Johannesburgse Padagentskap

Die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersvakbond sê die onlangse bewerings oor wanadministrasie en korrupsie by die Johannesburgse Padagentskap is kommerwekkend. Richard Moila van Samwu sê die forensiese verslag oor onreëlmatige uitgawes van meer as 400 miljoen rand by die agentskap, moet verder ondersoek word. Hy sê die mense wat in die verslag betrek word, moet aanspreeklik gehou word.