Samewerking tussen teenkorrupsie-instellings in SAOG bewerkstellig

Teen-korrupsieliggame van Namibië, Suid-Afrika, Botswana, Eswatini en Lesotho het kragte saamgesnoer deur die ondertekening van ‘n memorandum van verstandhouding. Die memorandum is gemik op pogings om hulle samewerkingsmaatreëls teen korrupsie te verskerp. Dit fasiliteer ook die uitruiling van beste-praktyk, probleemoplossing en ‘n eenvormige benadering in die stryd teen korrupsie. Jerry Lefu van die Spesiale Ondersoekeenheid in die buurland het die besluite wat by die ondertekening van die ooreenkoms geneem is, verwelkom: