Salarisverhogings vir staat is politieke taktiek

Die regering en die vakbonde vir staatsamptenare het hul ooreenkoms oor salarisverhogings asook verhogings in voordele bekend gemaak. Die salarisaanpassings sluit in ‘n 5 persent verhoging vir personeel vanaf graad 13 tot 1 en kommentators op sosiale media sê dit is goeie nuus, terwyl ander sê dit is Swapo wat stemme koop. Die verhogings kos 1,7 miljard Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder Rui Tyitende gesels, wat sê dit is beslis ‘n politieke taktiek, want waar het die geld skielik vandaan gekom.