Salah staan bankvas agter Egipte teen Kaap Verde

Sokker: Die beseerde kaptein van Egipte, Mo Salah, is vol vertroue in sy span se soeke na ʼn oorwinning in vandag se wedstryd in die Afrikabeker-toernooi teen Kaap Verde in die Ivoorkus. Hy sal die wedstryd misloop weens ʼn spierbesering wat hy verlede week opgedoen het in Egipte se vorige kragmeting teen Ghana. Indien Egipte vir die uitkloprondes kwalifiseer, sal Salah waarskynlik die daaropvolgende wedstryd ook misloop.