Oplossings vir verlies aan RFA-heffings lyk so

Daar is kommer oor ‘n verlies aan heffings met die toename in elektriese voertuie in die land . Die Padfondsadministrasie, wat staatmaak op brandstofheffings en heffings op padgebruikers vir inkomste, se uitvoerende hoof Ali Iipinge, sê wetgewers moet om proaktief navorsing te doen, te raadpleeg en beleide op te stel om Namibië voor te berei vir die oplewing in elektriese voertuie. Ipinge het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor moontlike oplossings.