SAL gaan nóg N$3,5 miljard kort

Dit is niks nuuts dat die SAL nog 3,5 miljard Namibiese dollar oor drie jaar gaan kort nie, sê die Suid-Afrikaanse minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan. Dit was blykbaar altyd die plan. Dit sal die lugdiens se totale reddingsboei op 14 miljard Namibiese dollar te staan bring. Die sakereddingsproses kos die Suid-Afrikaanse regering al 220 miljoen Namibiese dollar.