SAKP vergader steeds oor hersamestelling

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party se sentrale komitee sê hy hou steeds vergaderings oor die alliansie se hersamestelling op alle vlakke as strategie vir volgende jaar se nasionale en provinsiale verkiesings. Hoofsekretaris Solly Mapaila sê die hersamestelling moet aktiewe deelname aan die manifes-raadplegings- en opstelproses insluit om seker te maak die belange en doelwitte van die werkersklas word ingesluit. Hy sê die herstrukturering moet ook verseker kieserslyste het die nodige vermoë om die mense getrou te dien: