SAKP se Nzimande ook bekommerd oor MK ‘misbruik’

Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, Blade Nzimande, het die ANC gemaan om gefokus te bly te midde van diepgewortelde afleidingstaktieke. Die verklaring volg na die SAKP se kritiek op die voormalige ANC-president, Jacob Zuma, omdat hy nie aktief stemme vir die ANC in die komende verkiesings gaan werf nie. Nzimande het sy kommer uitgespreek oor die misbruik van die uMkhonto we Sizwe naam en beklemtoon die MK is nie vir indviduele gevegte gestig nie. Nzimande sê dit is baie belangrik die ANC moet hom nie van stryk laat bring nie en verenig bly te midde van die binnegevegte.