SAKP: Reuse-taak lê vir ANC voor om homself te red

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê daar lê ‘n reuse-taak voor vir die ANC om homself te red van die krisis wat hy tans mee te kampe het. Die SAKP se sekretaris-generaal, Solly Mapaila, het op die 6de ANC Nasionale Beleidskonferensie in Gauteng gesê, die ANC moet die nasionale demokratiese revolusie red en fokus op die kwessies wat die land en die regerende party raak.