SAKP: Eskom is nie in moeilikheid omdat dit in staatsbesit is

Die uittredende hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party, Blade Nzimande, het bewerings verwerp dat Eskom in die moeilikheid is omdat dit in staatsbesit is. Hy veroordeel toenemende oproepe vir die privatisering van Eskom. Nzimande sê Eskom se uitdagings strek sover terug as die bewind van die ontslape voormalige President FW de Klerk. Hy het op die SAKP se kongres in Boksburg, Gauteng, gesê Eskom het ondanks probleme vordering gemaak om Suid-Afrikaners van krag-aansluitings te voorsien.