Sakaria verlaat AgriBank

Die Hoof Uitvoerende Beampte van AgriBank Sakaria Nghikembua, sluit op 1 Augustus aan by Momentum Metropolitan Namibië, in dieselfde amp. Nghikembua het in Julie 2016 by Agribank oorgeneem by Leonard Iipumbu. Nghikembua word geloof en is alom bekend vir sy uitstekende bestuursvernuf by die bank. Talle uitstaande en agterstallige rekenings is deur hom ingevorder en die Hoërhofrol het gereeld aansoeke deur die bank hanteer. 


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *