Sahpra kry ‘n toekenning vir entstof-regulering

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het ‘n toekenning vir sy entstof-regulering ontvang. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het Sahpra op funksionele volwassenheid vlak-drie geplaas. Dit beteken hy het ‘n bestendige, goed funksionerende en geïntegreerde regulatoriese stelsel om die gehalte, veiligheid en doeltreffendheid van die entstowwe wat hy registreer te verseker. Sahpra se woordvoerder, Yuven Gounden, sê vir ‘n redelik nuwe onafhanklike reguleringsowerheid is dit inderdaad ‘n noemenswaardige toekenning.