Sahpra keur Sputnik V af

Die Suid-Afrikaanse reguleringsowerheid vir gesondheidsprodukte, Sahpra, het die gebruik van die Russiese Sputnik V Covid-19-entstof in Suid-Afrika afgekeur. Die owerheid het dié entstof se data beoordeel sedert die aanvanklike aansoek in Februarie vanjaar voorgelê is. Kommer bestaan oor die veiligheid van Adenovirus Tipe 5-vektor-entstowwe in bevolkings wat die gevaar loop om MIV op te doen. Die owerheid sê dit kan veroorsaak dat ingeënte mans makliker MIV opdoen. Sputnik V is ook nog nie op die Wêreldgesondheidsorganisasie se lys vir noodgebruik nie.