9 vas in 7 dae vir stropery

Volgens die wildmisdaadverslag vanaf 10 tot 17 Oktober is nege vermeende wildstropers in hegtenis geneem en sewe sake aanhangig gemaak. Beslag is op altesaam tien gemsbokkarkasse naby Ariamsvlei gelê, asook vier leeukarkasse en twee hiënakarkasse , twee lewende ietermagôs, een ietermagôvel en gemsbokvleis.