Graansilo’s regoor die land op uiters lae vlakke

Plaaslike media berig dat graansilo’s, veral in die Noorde, of leeg is of uiters lae vlakke van voorraad het. Volgens die dagblad New Era, is die Omuthiya-silo, wat 4 000 metrieke ton mahangu en witmielies kan berg, leeg. Okongo se silo, wat 4 500 ton kan dra, is op 18 persent van kapasiteit. Op Katima Mulilo is voorraad ook rondom 22 persent van wat geberg kan word. Regoor die land is voorraad laag met ‘n skamele 21 persent van die totaal van amper 23 000 ton voorraad wat tans beskikbaar is.