Saftu verwerp Konsitutsionele Hof se beslissing oor staatsdiens-salarisgeskil

Die vakbondfederasie Saftu is teleurgesteld oor die Konstitusionele Hof se beslissing oor die salarisgeskil tussen Staatsdiensvakbonde en die regering. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê dit is jammer dat die hoogste hof die rol van ekonomiese ontleder ingeneem het in oorweging van die ekonomiese betoë wat die staat aangevoer het. Shaku sê die hof moes die armes in gedagte gehou het, in wie se naam die regering weier om die laaste deel van die ooreenkoms na te kom.