Covid-positiewe koers verteenwoordig 2,2%

Die Namibiese gesondheidsministerie het 17 nuwe Covid-gevalle uit 764 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 2,2 persent verteenwoordig. In die groep is ses leerders van verskillende skole. Daar is nou 2 589 aktiewe gevalle, waarvan 25 pasiënte in hospitale is en ses in hoësorgeenhede. Altesaam 21,1 persent van die teikenbevolking is ten volle ingeënt. Die adjunkminsiter van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, gee die jongste statistieke.