Saftu veroordeel ook Cyril se bywoning van Zim-inhuldiging

Die vakbondfederasie, Saftu, veroordeel president Cyril Ramaphosa se bywoning van Emmerson Mnangagwa se inhuldiging as president van Zimbabwe. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê Ramaphosa is skynheilig om te kla oor ongedokumenteerde immigrante uit die streek, maar terselfdertyd die streeksleiers en hulle politieke partye wat die oorsaak van die immigrasie is, erkenning te gee: