Saftu sê Eskom-vrystelling moet permanent opgehef word

Die Suid-Afrikaanse federasie van vakbonde, Saftu, doen ‘n beroep op die Tesourie om Eskom se vrystelling om sy onregmatige en verkwistende uitgawes in finansiële state aan te meld, permanent op te hef. Die minister van Finanasies, Enoch Godongwana, het die vrystelling gister voorlopig teruggetrek na beraadslaging met die Ouditeur-Generaal en wydverspreide openbare ontsteltenis. Die minister hou egter ‘n deur oop dat dit in die toekoms weer ingestel kan word. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die uitsluiting sou veroorsaak dat korrupsie by Eskom floreer: