Saftu: Nzimande is nie opgewasse om sluipmoordpoging te hanteer

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Saftu, het die onlangse sluipmoordpoging op die visekanselier van die Universiteit van Fort Hare, Sakhela Buhlungu, as afgryslik en barbaars beskryf. Buhlungu se lyfwag, Mboneli Vesele, is verlede Vrydag buite die visekanselier se huis in Alice in die Oos-Kaap geskiet. Die woordvoerder van Saftu, Trevor Shaku, sê hy het geen vertroue in die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, om die saak beslissend op te los nie.