Calle bekommerd oor vandalisme by vloedmoniteringstelsel

Die Namibiese landbouministerie het ‘n gesofistikeerde vloedmoniteringstelsel in riviere in die Noorde, insluitend dié wat die efundja bring. Die landbouminister Calle Schlettwein het sy kommer uitgespreek dat baie van die moniteringstasies gevandaliseer of toerusting gesteel is. Hy sê as gevolg hiervan is die vroeë waarskuwingstelsel wat broodnodig is vir die voorkoming van vloedskade, nou totaal gedeaktiveer. Die minister sê sulke diefstal en vandalisme mag nie geduld word nie, aangesien dit die gemeenskappe wat die risiko van vloedskade dra, direk benadeel.