Saftu: Loon-aanbod is diefstal van werkers

Die vakbond-federasie, Saftu, het sy teleurstelling uitgespreek na staatsdiens-vakbonde die regering se loon-aanbod aanvaar het. Saftu voer aan die 7,5 persent verhoging in 2023/2024 is slegs ‘n reële verhoging van 3,3 persent, want die kontantbetaling aan werkers het pensioenbydraes negatief geraak en werklike loongroei gestuit. ‘n Saftu-woordvoerder, Trevor Shaku, meen die salaris-aanbod kom daarop neer dat staatsamptenare beroof word en dit ondermyn hulle koopkrag.