Dodetal weens hewige storms in VSA styg

Die dodetal weens hewige storms met erge winde en swaar reën in die suidelike en mid-westelike dele van Amerika het gestyg tot meer as 22. Minstens vyf mense is volgens owerhede in Arkansas dood, nadat deur puin gesoek is vir nog moontlike slagoffers nadat tornado’s die staat getref het. Amptenare het ook vier sterftes in Illinois en drie in Indiana aangemeld. Intussen het die Tennessee-departement van gesondheid sewe weerverwante sterftes in McNairy by die Mississippi-grens bevestig.